Ek het so maand terug besluit om heeltemal van my MS Windows instalasie ontslae te raak en slegs Linux te install. Tans Gebruik ek Kubuntu Hardy Heron (8.04) en ek’t net geen probleme nie. My PC val minder om restart selde en al my hardeware word support ekt nie een driver moes download nie. Die applications is ook van so aard dat ek glad nie MS Windows mis nie. Elke liewe program wat ek op MS Windows gebruik het, het ‘n equal op Linux en die pret van die storie is dat alles opensource is. Die hoeveelheid programme wat beskikbaar is, is net amazing (ek weet soms nie altyd lekker watter een die beter program is om te install nie) btw ek skryf tans die post op “Kblogger”. Ek’t ‘n vermoede my MS dae is verby en dat ek nou ‘n kanidood Linuxuser is. Long Live OpenSource!

Presies my gevoel oor ‘n Koue Windhoekie. Dit kan net nie weg bly van my af nie.

source www.uberg33k.com

Daar is 2 goed wat ek rerig sukkel om te doen: om oor niks (ditjies, datjies, koeitjies & kalfies) te praat nie ,en om na vervelende geselskap te moet sit en luister. Oh en dan feedback te moet gee, en doen ek dit nie in a timely fashion nie word daar sommer prontuit gesê ek ignore. Volle aandag moet gegee word en niks minder as volle aandag word aanvaar nie. Dis sulke tye wat ek net in my manlike grot mode wil ingaan, en net wil verdwyn sonder woord. Praat met my oor aktuele sake, boeke, musiek amper enige iets. But please, don’t bore me! Dis ongelukkig iets wat ek sukkel om weg te steek.

Dis Sondag oggend 04:38 am en my ooraktiewe en sleep deprived koppie hou my wakker met sy incessant genag om dinge tot verveelens toe te bedink. Ek is tans besig met die Dark Tower reeks boeke geskryf duer Stephen King (in my opinie die beste fantasie reeks ooit geskryf maar my opinie is vreeslik biased oor ek ‘n reuse King aanhanger is)…. anyway …. wat my toe vanaand aan die dink kry is die Paragraaf :

“True love, like any other strong and addicting drug is boring…once the tale of encounter and discovery is told, kisses quickly grow stale and caresses tiresome … except, of course , to those who share the kisses, who give and take the caresses while every sound and color of the world seems to deepen and brighten around them. As with any other strong drug, true first love is realy only interesting to those who have become its prisoners.

And, as is true of any other strong and addicting drug , true first love is dangerous.”

Uit Wizard and Glass deur Stephen King

Nou ja daar is my groot vraag nou – wat is waare liefde ? … want seriously ek twyfel of ek dit al ooit beleef het. Ja ek het my share crushes gehad en hulle het, for the most part, crushes gebly. Ek was al verlief soos baie van ons. Ek het al lief gehad en daardie liefde netso in my gesig terug gegooi, soos ‘n ou gebruikte tissue. Maar waare liefde ? Nee ek dink dit het my elke keer so vieslike `Bryan Habana’ side step gegee….. maar dalk was dit tog daar ek was net te dom (for want of a better word) om dit raak te sien. Verskoon my as ek bitter klink, dalk is ek, maar wie weet ?

Ek’t al gedigte op hierdie onderwerp, tot verveelens toe geskryf, sodat ek atleast op my eie kan probeer sense maak van hierdie hele liefde ding. Maar tog aan die ander hand hoekom pla dit my so ? Om te antwoord, want hierdie is nie ‘n retoriese vraag nie, aleen wees is besig om oud te raak, en ek ook en daai damn need om te settle gee my ook nog so paar prods hier in my sy. Ek meen wie wil nou aleen duer die lewe gaan? Dis bedruk genoeg soos dit reeds is, maar om dit aleen aan te pak is nie wat ek vir myself in gedagte het nie.

En dan daai hele elke pot het `n deksel teorie wat “hulle” so graag aan jou probeer voorle? Ek is nie ‘n mens wat aan die hele “fate en destiny” ding glo nie, ek het my redes wat ek nie hier gaan meedeel nie. Ek glo jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. En tog het ek dit ook probeer doen met aaklige en hartsverskerende nagevolge wat ek ook nie hier gaan meedeel nie. So wat is die regte ding om te doen ? Ek persoonlik is moeg vir die try and fail and try again metode. Ek dink tog ek is bitter :D en ja moontlik is dit die wortel van al my kwaad.

Anyway … for the time being het ek die rieme neergelê en terug geval om net weer vir ‘n slag te regroup en dan hopelik in die near future met ‘n vars regiment troepies weer die slagveld wat ons liefde noem te betree en te oorwin.

Ek dink nou terug aan een van my vriende, Jaco, wat ook so beroof is, venster gesmash. Net in sy geval het hulle gesteel om dat steel, steel is. Die rede daarvoor is …. al wat hulle gevat het was ‘n baadjie wat in die kar gele het en, omat hy nie ‘n cd speler in sy kar het nie maar ‘n tape deck, so paar van sy “mixed” tapes. Ons bespiegel dat die latte vir mekaar gese het : “siende dat ons nou in is en daar niks van waarde in die kar is nie, kom ons vat sommer maar net enige iets sodat dit ten minste vir ons worthwile is”. Ek lag elke keer as ek daaraan dink. Dit is wat my gemoedstoestand die laaste twee dae aan die gelukkiger kant gehou het ….. thnx Jay

Nou ja wat ‘n beter manier om af te skop …..

ek gaan eerder nie klientname noem nie agv die privaatheid ding wat ek geteken het by my huidige werkgewers. maaar anyhoo ……..

Gister oggend sal ek call out kry agv probleme by een van my kliente, somige users kan nie na die server connect nie. Ry soentoe parkeer my motortjie “security gaurds” staan die plek vol. Ek was daar besig van 11am tot die polisie my so 15:00 bel (hulle het my spoed oortree boete in my “glove compartment” gekry met my selnommer op) se daar is probleme by my kar kan ek asseblief uitkom en kom kyk. Verskoon myself toe en haas myself na my kar toe. Daar gekom staan daar 5 polisie manne om my kar, my venster is gesmash en alas ………. die werk se laptop is gesteel en ek het so moiete gedoen om die ding weg te steek …. ja ja jy los nooit jou valubles in die kar nie maar ek redeneer so …. : Daar was sekuriteits mense die plek vol ekt al voorheen in die selle parkeer terein parkeer vir maande al en niks het gebeur nie, die parkeer terein is totaal omhein en daar is altyd mense wat in en uit beweeg . anyway kyk toe kar mooi uit en sien darem is niks anders gesteel nie en begin toe maar om die verklaring te gee (daar was ook witnesses wat hulle verklarings gegee het) wyle ek besig is sal ek hoor maar die kar wat gebruik is as getaway is langs die pad geabandon, ‘n gesteelde kar so wat beter manier om iets te steel as om iets anders te steel om die misdaad te pleeg sodoende kan jy nie getrace word nie. So die skelms is seker nie so dom nie…..

Een ding van die hele ordeal: ons Polisiemag is tog nie so agterlik nie hulle het vreeslik moeite gedoen om my in die hande te kry en was baie behulpsaam met die verklaring gee gedeelte. Tog dink ek die gesteelde goedere is gesteel en sal nie weer terug gevind word nie ten to one nou al oppad Swaziland of Mosambiek of Zimbabwe of Natal of Gauteng toe of is dalkies al verkoop hier in Nelspruit. Nou ja nou sit ek met 2 issues :

1) laptop wat nie myne is nie is gesteel

2) my stukende venster moet reg gemaak word eerste ding maandag oggend wat die res van my dag so gaan vertraag

en dis wat ek uiteindelik op wil komentaar lewer

dit is nie so seer die goed wat gesteel is nie, of my stukende venster wat my pla nie maar die ongerief wat nou veroorsaak is. Ja al die goed kos geld maar dis vervangbaar. As tyd eers verby is, is dit verby en dan moet ek dit nog op sulke nonsens mors. daar is soveel ander goed wat ek kon doen gisteraand na die misdaad maar ek moes tuisbly oor ek nie my kar nou in die publiek kan los nie. Vandag, Sondag, die selle, ek moet tuis sit en vergaan van verveeldheid en more , nou ja, more moet ek die venster gaan vervang … intussen sit my kliente vir my en wag en hulle is ver en wyd versprei ek raak agter met my werk so skelms veels geluk julle het accomplish wat julle uit was om te doen julle het nou my naweek verder bevoeter en sommer my maand verder ook dankie baie ******* dankie