Nou ja wat ‘n beter manier om af te skop …..
ek gaan eerder nie klientname noem nie agv die privaatheid ding wat ek geteken het by my huidige werkgewers. maaar anyhoo ……..
Gister oggend sal ek call out kry agv probleme by een van my kliente, somige users kan nie na die server connect nie. Ry soentoe parkeer my motortjie “security gaurds” staan die plek vol. Ek was daar besig van 11am tot die polisie my so 15:00 bel (hulle het my spoed oortree boete in my “glove compartment” gekry met my selnommer op) se daar is probleme by my kar kan ek asseblief uitkom en kom kyk. Verskoon myself toe en haas myself na my kar toe. Daar gekom staan daar 5 polisie manne om my kar, my venster is gesmash en alas ………. die werk se laptop is gesteel en ek het so moiete gedoen om die ding weg te steek …. ja ja jy los nooit jou valubles in die kar nie maar ek redeneer so …. : Daar was sekuriteits mense die plek vol ekt al voorheen in die selle parkeer terein parkeer vir maande al en niks het gebeur nie, die parkeer terein is totaal omhein en daar is altyd mense wat in en uit beweeg . anyway kyk toe kar mooi uit en sien darem is niks anders gesteel nie en begin toe maar om die verklaring te gee (daar was ook witnesses wat hulle verklarings gegee het) wyle ek besig is sal ek hoor maar die kar wat gebruik is as getaway is langs die pad geabandon, ‘n gesteelde kar so wat beter manier om iets te steel as om iets anders te steel om die misdaad te pleeg sodoende kan jy nie getrace word nie. So die skelms is seker nie so dom nie…..
Een ding van die hele ordeal: ons Polisiemag is tog nie so agterlik nie hulle het vreeslik moeite gedoen om my in die hande te kry en was baie behulpsaam met die verklaring gee gedeelte. Tog dink ek die gesteelde goedere is gesteel en sal nie weer terug gevind word nie ten to one nou al oppad Swaziland of Mosambiek of Zimbabwe of Natal of Gauteng toe of is dalkies al verkoop hier in Nelspruit. Nou ja nou sit ek met 2 issues :
1) laptop wat nie myne is nie is gesteel
2) my stukende venster moet reg gemaak word eerste ding maandag oggend wat die res van my dag so gaan vertraag
en dis wat ek uiteindelik op wil komentaar lewer
dit is nie so seer die goed wat gesteel is nie, of my stukende venster wat my pla nie maar die ongerief wat nou veroorsaak is. Ja al die goed kos geld maar dis vervangbaar. As tyd eers verby is, is dit verby en dan moet ek dit nog op sulke nonsens mors. daar is soveel ander goed wat ek kon doen gisteraand na die misdaad maar ek moes tuisbly oor ek nie my kar nou in die publiek kan los nie. Vandag, Sondag, die selle, ek moet tuis sit en vergaan van verveeldheid en more , nou ja, more moet ek die venster gaan vervang … intussen sit my kliente vir my en wag en hulle is ver en wyd versprei ek raak agter met my werk so skelms veels geluk julle het accomplish wat julle uit was om te doen julle het nou my naweek verder bevoeter en sommer my maand verder ook dankie baie ******* dankie
2 Kommentaar
Dit is so my ding. Dis nie altyd WAT gesteel is nie. Dis die moeite na die tyd. Polisie verklarings, versekering, verduidelik aan die baas, vertraging by die werk, ens ens. Sterkte jong! Hoop daai laptop wat gevat is het BAIE bugs op. :evilgrin:
awe. en welkom.